sarie102
Wat eet ons vandag?

Pangebraaide Italiaanse frikkadelle & Caprese-styl ciabatta-braaibrood

Braai is nie ál wat jy oor die kole kan
doen nie, jy kan kook ook. Die kole moet baie warm wees vir die frikkadelle.
Genoeg vir 4 – 6

Italiaanse frikkadelle
• 8 varkworsies
• 8 beesvleis-worsies
• sowat 50 ml olyfolie
• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
• 125 ml witwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek

Caprese-styl ciabatta-
braaibrood
• 1 ciabatta-brood
• 300 g mozzarella-kaas, gerasper
• 100 g basiliekruid-pesto
• 3 groot tamaties, in skywe gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• olyfolie

Italiaanse frikkadelle Druk worsvleis uit in ’n mengbak. Meng goed. Vorm klein frikkadelle en hou eenkant. Wanneer
kole lekker warm is, plaas ’n pan op die rooster. Gooi olyfolie in en verhit. Pak frikkadelle in pan en skud pan elke nou en dan sodat vleis nie vassit nie. Wanneer frikkadelle mooi bruin is, voeg geblikte tamaties en wyn by. Meng goed. Geur met sout en peper en laat braai oop tot sous verdik het. Voeg helfte van parmesaankaas by en meng deur. Sprinkel basiliekruid oor en sit voor met res van kaas.
Caprese-styl ciabatta-braaibrood Sny brood heeltemal oop. Pak helfte van kaas op onderste deel. Skep pesto bo-op.
Rangskik tamaties bo-op en geur met sout en peper. Sprinkel res van kaas bo-op en maak brood toe. Smeer olyfolie weerskante van brood en plaas in toe-
klaprooster. Plaas op warm kole. Draai brood nou en dan om. Braai tot kaas ge-
smelt het. Haal uit en sny in porsies.