Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Vandag is: Nasionale ontbytgraan-dag!

Geniet vandag ons heerlike tuisgemaakte neut-en-bessie-granola. Dit is voedsaam en boonop ook gesond vir Diabete!

Pistasieneut-en-bosbessie-granola

10 – 12 porsies

  • 250 g hawermout met grootvlokke
  • 100 g rou pistasieneute
  • 100 g pampoensaad
  • 100 g sonneblomsaad
  • 50 g lynsaad (sien bl. 124)
  • 100 ml appelsous
  • 100 ml heuning
  • 30 ml olie
  • 100 g gedroogde bosbessies
  • 50 g klappervlokkies

Vir voorsit

  • Bulgaarse jogurt
  • ½ – 1 koppie gesnyde vars vrugte per persoon
  • ½ t heuning (opsioneel)

Verhit oond tot 160 °C. Meng die hawermout, neute en sade in ’n bak. Meng die appelsous, heuning en olie eers in ’n aparte bak en gooi dan by die hawermout-mengsel. Meng goed met jou hande. Versprei op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir 45 minute tot goudbruin. Roer die mengsel halfpad tydens gaarmaak. Laat granola afkoel en roer dan die bessies en klapper by. Sit voor saam met jogurt, vrugte en ekstra heuning.