skm1005.30min.pita_burger
Wat eet ons vandag?

Pita-burgers en skyfies

(2 burgers)

  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30ml olyfolie
  • 250g bevrore aartappelskyfies (die oondbak-soort)
  • 15ml gekapte tiemie
  • 2 beesvleis-patties
  • 2 pitabroodjies
  • 125ml gehalte-mayonnaise
  • 1 hand vol roketblare
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 50g kaas van jou keuse, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200ºC. Braai ui en knoffel in olyfolie in pan tot goudbruin. Gooi skyfies en tiemie in ‘n oondpan en rooster vir 15 minute of tot goudbruin en gaar. Terwyl die skyfies bak, braai die patties in die pan vir 5 minute aan elke kant, of tot goudbruin en gaar. Rooster die pitas in ‘n broodrooster en sny oop terwyl hulle warm is. Smeer met mayonnaise en sit roketblare op. Verdeel tamatie, kaas en gaar uie tussen pitas. Sit die gaar patties bo-op en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met warm skyfies en ekstra mayonnaise.