FOTO:Micky Hoyle

FOTO:Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Ricotta-spinasie-en-spekpastei

genoeg vir 4 PASTEIE Verhit oond tot 180 °C. Dompel 200 g baba-spinasieblare in bak met kookwater. Laat staan tot dit verwelk. Dreineer in vergiettes en druk oortollige water uit. Kap grof. Sny 4 repies strepiespek in blokkies. Verhit 30 ml olyfolie in pan en braai spek tot bros. Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en spinasie by en braai nog 5 minute. Laat afkoel en voeg 200 g ricottakaas en 1 geklitste eier by en meng goed. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sny 8 vierkante uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Skep vulsel op 4 vierkante en smeer 1 geklitste eier om rande. Maak toe met ander 4 deegvierkante en druk rande stewig vas. Smeer res van geklitste eier bo-op en plaas op uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute.