FOTO:Michael Le Grange

FOTO:Michael Le Grange

Wat eet ons vandag?

Salmsteaks in soetrissiesous

Die resep bevat baie vet, maar dis omega 3, wat van kardinale belang is vir gesondheid.

genoeg vir 6

• 3 rooi soetrissies
• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 x 410 g-blik kersietamaties
• 30 ml vinkelsaad
• 1 knippie saffraan
• 60 ml sjerrie-asyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol vars koljanderblare, gekap
• 1 brandrissie, fyngekap
• 6 salmsteaks – vra die viswinkel om dit vir jou te sny
• 100 g gevlokte amandels

Verhit oond se rooster-element. Smeer soetrissies met olie en plaas op bakplaat in oond. Rooster 5 – 8 minute of tot skil van soetrissies swart is. Plaas in bak enmaak toe met kleefplastiek. Laat afkoel.

Krap swart skil van soetrisies af en verwyder pitte. Kap fyn en plaas saam met ui, knoffel, tamaties, vinkel, saffraan en asyn in middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat prut 5 minute. Geur met sout en peper. Verwyder van hitte en voeg koljander en brandrissie by. Verpulp met staafmenger tot glad.

Pak salmsteaks in sous en geur goed met sout en peper. Maak pot toe en plaas oor hoë hitte. Laat vis 8 – 10 minute stoom. Sprinkel amandels oor en sit voor.

Ontleding per porsie
                 kilojoules 1489; koolhidrate 9,4 g;
proteïen 31 g; vet 20,5 g