Foto deur 
Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Sampioen-spek-en artisjok-risotto

Dis die ideale gereg om op gas gaar te maak. As jy nie gedroogde porcini-sampioene in die hande kan kry nie, kan jy vars sampioene gebruik.

• 25 g gedroogde porcini-sampioene
• 250 g kookwater, gekook in ’n kastrol op gas
• 40 ml olyfolie
• 30 ml botter
• 5 baba-preie, gehalveer en in skyfies gesny
• 2 knoffelhuisies
• 200 g strepiespek (streaky), in blokkies gesny
• 300 g arborio-rys
• 125 ml witwyn
• sowat 1½ liter groente-aftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 150 g gemarineerde artisjokke, in stukkies gesny
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• 30 ml botter
• 6 heel gemarineerde artisjokke, opsioneel
• 30 g roketblare

Plaas porcini-sampioene in ’n bak. Gooi die kookwater oor en laat staan sowat 30 minute. Skep sampioene versigtig uit water en druk alle vloeistof in sampioene uit in bak. Sny sampioene in klein stukkies en hou eenkant. Skep water in bak met ’n soplepel uit in ’n kastrol. Maak seker jy skep nie van die sand onderin die bak saam uit nie. Plaas kastrol op gasplaat en laat sampioenwater afkook tot helfte oorbly. Hou eenkant. Plaas ’n groot kastrol op gasplaat en verhit olie en botter saam. Spoel preie goed af in vergiettes en voeg saam met knoffel by olie en botter.

Braai tot net sag en voeg spek by. Braai tot spek net bros is. Voeg arborio-rys by en roerbraai sowat 1 minuut. Voeg wyn by en laat kook tot wyn afgekook het. Voeg aftreksel soplepel vir soplepel by terwyl mengsel kook. Roer goed ná elke byvoeging. Geur met sout en peper.

Wanneer jou rys sag genoeg is na jou smaak, voeg artisjok-stukkies en gesnyde sampioene by en laat kook sowat 2 minute. Voeg parmesaankaas en botter by. Meng goed deur. Geur sampioenvloeistof met sout en peper en sprinkel oor risotto. Skep in opdienbakkies en plaas ’n groot artisjok bo-op. Sit voor met vars roket.