FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Wat eet ons vandag?

EENPOTGEREG: Macaroni-en-kaasgebak

SARIE KOS gaan oor smake én samesyn. Daarom het ons vir 2016 ’n handvol foodies genader om ons namens ons duisende lesers met elke uitgawe te help dink, proe en besluit – vir hulle doen kos altyd die praatwerk.

Vir die Junie/Julie-uitgawe van SARIE KOS het Elizabeth Burger van Robertson, een van SARIE KOS se vriende, Tanya se macaroni-en-kaasgebak getoets.

Sy vertel: “My ma was ’n huishoudkunde-onderwyseres in Namibië, waar ek grootgeword het. Ons twee het baie pret in die kombuis gehad. Ná matriek het ek verbruikerswetenskap op Stellenbosch gestudeer en in 2002 is ek getroud. Ek en my man woon op die wynplaas Rietvallei by Robertson.

“Vir my moet kos mooi lyk, want dan eet jy lekkerder. En daar moenie draadwerk wees nie. Eenvoudig en maklik.

“Vir Tany se macaroni-en-kaas het ek ’n houertjie hoenderaftreksel bygevoeg vir ekstra geur. Ek sal dit beslis weer vir my gesin maak.”

Macaroni-en-kaasgebak

genoeg vir 4

• 100 g (120 ml) botter
• 1 liter melk
• 500 ml hoenderaftreksel
• 250 ml room
• 500 g pasta (macaroni of skroewe)
• 400 g sterk cheddarkaas, gerasper

Verhit oond se roosterelement. Verhit botter, melk, aftreksel en room tot kookpunt in ’n groot kastrol. Roer goed met ballonklitser tot botter gesmelt het (moenie bekommerd wees as die mengsel dalk skif nie – klits dit net vinniger sodat dit weer bymekaarkom). Voeg die pasta by en verlaag hitte tot matig.

Roer nou en dan met houtlepel. Prut sowat 15 minute tot pasta gaar is. Voeg helfte van kaas by pasta en roer goed deur. Sprinkel res van kaas bo-oor en plaas onder warm roosterelement tot bros en goudbruin. Sit warm voor.

Koop jou SARIE KOS vir ons kosredakteurs, Barbara Joubert, Herman Lensing én Tanya Fourie, se lekker resepte én ook vir ons SARIE KOS-vriende se raad.

digital offer SARIE Kos Junie Julie