Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Wat eet ons vandag?

Spaghetti carbonara met olywe

(6 PORSIES)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g spek, fyngekap
  • 170 g swartolywe, ontpit
  • 110 g bevrore ertjies
  • 1 hand vol pietersielie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml room
  • 100 g parmesaan, fyngerasper
  • 4 eiergele
  • 500 g spaghetti
  • 6 eiers

Verhit olyfolie tot warm in medium-groot pan. Voeg ui en knoffel by. Braai vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg spek by en braai verder vir 5 minute. Voeg olywe, ertjies en pietersielie by. Braai vir 5 minute. Geur goed met sout en peper. Maak pasta gaar volgens instruksies op pak en dreineer. Meng room, parmesaan en eiergele tot gladde mengsel. Gooi by warm olyf-en-spek-mengsel. Gooi dadelik die roommengsel by en meng goed. Bring water tot kookpunt en plaas heel eiers in pot. Kook 6 minute vir sag of langer soos jy verkies. Dop eiers af. Skep pasta in opdienbord. Halveer die eiers en plaas bo-op. Sit warm voor.