sk0709budget07
Wat eet ons vandag?

Spaghetti met tamatiesous en swart olywe

4 porsies

  • 400 g spaghetti
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
  • 1 pakkie (50 g) tamatiepasta
  • 3 ml gemengde droë kruie
  • 125 ml witwyn
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g pecorino-kaas, gerasper

Kook spaghetti volgens aanwysings op die pak. Verhit intussen die olyfolie in ’n groot kastrol. Braai ui en knoffel saam vir sowat 2 minute. Voeg tamaties, tamatiepasta, kruie, witwyn en olywe by. Kook vir sowat 10 minute. Geur met sout en swartpeper. Dreineer pasta in ’n vergiettes en voeg dit by tamatiesous. Meng goed en sit voor met gerasperde pecorino-kaas.