Foto deur Lee Malan
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS OKT/NOV 2013

Wat eet ons vandag?

Spek en vy-pizza met vars roket

Binne 15 minute het jy heerlike ligte aandete. 

Genoeg vir 4
Gaarmaaktyd: 15 minute

• 500 g winkelbrooddeeg
• 250 g mascarpone-kaas
• 250 g rou strepiespek, in blokkies gesny
• 4 vars vye, in ringe gesny
• 60 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• vars roket vir voorsit

Verhit oond tot 200 °C. Verdeel deeg in vier. Rol elke bol deeg in ’n sirkel van sowat 1 cm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas deeg op ’n bakplaat wat met olyfolie besprinkel is. Smeer mascarponekaas oor elke pizzabasis. Rangskik spek en vye boop. Sprinkel met olyfolie en geur met sout en peper. Plaas in warm oond en bak sowat 15 minute tot bros en gaar. Sit voor met vars roket.