sr0804kos04
Wat eet ons vandag?

Spesiaal vir Paasfees! Tradisionele kerrievis | VIDEO

Dié Kaaps-Maleise gereg is tradisioneel ’n móét op Goeie Vrydag.

Hierdie resep is veral lekker as jy dit ’n paar dae voor die tyd kan maak. 

KERRIEVIS

genoeg vir 8

  • sowat 1,5 kg geelbek/geelstert, of koningklip
  • 15 ml sonneblomolie
  • 4 groot uie, in ringe gesny
  • 40 ml matige kerriepoeier
  • 20 ml borrie
  • sowat 6 pimentkorrels (allspice)
  • sout en peper na smaak
  • 2 gekneusde suurlemoen- of lourierblare
  • 100 ml suiker
  • 500 ml wit druiweasyn
  • 125 ml water

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die visfilette op ’n bakplaat. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas in die warm oond en rooster vir 8 – 10 minute. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie, kerriepoeier en borrie saam vir so 5 minute. Meng die suiker, asyn en water saam en voeg by. Geur met pimentkorrels, sout en peper en kook vir 20 minute met die deksel op. Pak jou gaar vis in ’n glasbak en gooi die warm sous oor. Laat afkoel en maak toe met kleefplastiek. Laat vir 2 – 3 dae in die yskas om lekker te piekel.

Sit voor met tuisgemaakte Paasbolletjies (hot cross buns).

HERMAN SE BASIESE PAASBOLLETJIE-RESEP

step_7-142x180

Kyk nou