Willem Lourens

Willem Lourens

Wat eet ons vandag?

Swartboon-en- spekslaai

Die inspirasie vir dié gereg kom van die tradisionele Portugese swartboontjiebredie feijoada. Ek gebruik dieselfde bestanddele om ’n ligte somerslaai te maak.  

genoeg vir 4

•  2 x 400 g-blikke swartboontjies (of boontjies van jou keuse)
•  1 rooi-ui, fyngekap
•  1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
•  2 wortels, geskil en fyngekap
•  2 knoffelhuisies, fyngekap
•  4 repe gerookte varklies (pork belly), in repies gesny
•  100 ml olyfolie
•  50 ml witwyn-asyn
•  30 ml heuning
•  sout en varsgemaalde swartpeper

Dreineer boontjies in vergiettes en spoel goed af onder lopende koue water. Meng bone met rooi-ui, soetrissie, wortel en knoffel. Verhit ’n pan en braai varklies sowat 2 minute tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Laat afkoel.

Meng olyfolie, asyn en heuning saam en gooi oor bonemengsel. Meng goed deur. Voeg gebraaide varklies by. Geur met sout en peper. Sit voor as ligte aandete of as bygereg met braaivleis.

Lees nou

Bobotie-fillo-pakkies

Geroosterde vleiskebabs

Geroosterde hoender met paprika

Papkoekies met boerewors en tamatiesmoor