Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Wat eet ons vandag?

Taai hoendervlerkies

Jy kan hierdie hoendervlerkies ook oor die kole braai vir ’n lekker vinnige Vrydag-aandete.

Genoeg vir 16

• 50 ml braaisous
• 25 ml blatjang
• 25 ml tamatiesous
• 10 ml sojasous
• 10 ml heuning
• 16 hoendervlerkies

Meng braaisous, blatjang, tamatiesous, sojasous en heuning in ’n mengbak. Plaas hoendervlerkies in ’n oondbraaibak. Gooi sous oor vlerkies en meng goed deur. Laat staan 1 uur. Verhit oond tot 180 °C. Plaas vlerkies in oond en oondbraai sowat 1 uur tot gaar en goudbruin.