sr1212_kersfees_kos_8_
Wat eet ons vandag?

Tamatie-en-feta-slaai

Hierdie eenvoudige slaai beklemtoon die lekkete van vars rou tamaties… Dit kan as bygereg of vleislose maandag geniet word met lekker bros vars brood.

(genoeg vir 8)

  • 100 ml olyfolie
  • 200 ml balsemasyn
  • 500 g gemengde tamaties van jou keuse, gehalveer
  • 6 fetakaas-wiele, grofgebreek
  • 30 g vars basilie, grofgeskeur
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng olyfolie en asyn. Plaas tamaties, feta en basilie in opdienbak. Gooi asynmengsel oor en meng liggies. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Pain de campagne (franse suurdeegbrood)