FOTO Donna Lewis

Wat eet ons vandag?

Tamatie-mielie-en-spekslaai

Knus om die tafel

Die supermarkte se rakke kreun deesdae onder die mooiste verskeidenheid tamaties … Maak die meeste daarvan met hierdie tamatie-mielie-en-spekslaai wat jy kan voorsit met Tamatiebrood.

genoeg vir 6 – 8

• 16 gemengde tamaties
• 500 g gerookte strepiespek
• 60 ml olyfolie
• 4 takkies vars tiemie, gekap
• 4 mielies, in kwarte gesny
• 55 g (60 ml) botter, gesmelt
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g slaaiblare van jou keuse
• 4 wiele fetakaas

SOUS
• 150 ml olyfolie
• 30 ml heuning
• 30 ml korrelmosterd
• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

Verhit ketelbraaier tot baie warm of verhit oond tot 180 °C. Draai tamaties toe in strepiespek en pak op bakplaat. Sprinkel olyfolie en tiemie oor. Pak mielies in aparte bak en giet botter oor. Geur mielies en tamaties met sout en peper. Plaas in ketelbraaier/oond en braai oop vir 30 minute of tot spek bros gebak is.

Maak sous: Meng al die bestanddele saam met ’n draadklitser.

Maak slaai: Pak slaaiblare op ’n opdienbord. Pak gaar mielies en tamaties bo-op. Sny feta in kwarte en pak bo-op. Skep slaaisous oor. Sit voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG.

Tamatie-mielie-en-spekslaai

Tamatie-mielie-en-spekslaai
FOTO Donna Lewis