FOTO: Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2012

FOTO: Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Wat eet ons vandag?

Tamatie-risotto

4 porsies

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 250 g strepiespek, in klein blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g (625 ml) arborio-rys
  • 250 ml witwyn
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 2 liter hoenderaftreksel
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 100 g pecorino-kaas, fyngerasper

Verhit olyfolie en botter saam in ’n diep kastrol. Braai spek tot net bros. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai 1 minuut, terwyl jy roer. Voeg witwyn by en kook dit byna heeltemal weg terwyl jy aanhoudend roer. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Voeg ’n groot soplepel aftreksel by en roer goed. Wanneer die aftreksel byna afgekook is, voeg nog ’n soplepel by. Hou aan met byvoegproses tot rys sag genoeg na jou smaak is. Die tamaties behoort nou ook sag te wees. Voeg basiliekruid en hand vol pecorino-kaas by. Roer goed deur en sit voor saam met res van gerasperde kaas.