Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Wat eet ons vandag?

Tamatiesous

Maak hierdie vars tamatie sous met oortollige tamaties uit jou tuin dit smaak vars en dis lekker lig. 

Genoeg vir 4 bottels van 375 ml elk
• 3 kg klein rosa-tamaties
• 1 ui, fyngekap
• 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 250 ml water
• 2 knoffelhuisies
• 5 ml rooipeper
• 200 ml wit asyn
• 200 g (250 ml) bruinsuiker
• 30 ml sout
• 70 g tamatiepasta

Plaas tamaties, ui, soetrissie, water en knoffel saam in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Laat oop prut vir 1 uur. Roer nou en dan. Verpulp mengsel met ’n staafmenger (stick blender). Druk fyn mengsel deur ’n sif om van al die pitte en velle ontslae te raak. Gooi oorblyfsels in sif weg. Gooi gesifte tamaties terug in ’n kastrol en voeg res van bestanddele by. Laat oop prut vir nog 1 uur tot dik. Gooi in gesteriliseerde bottels en maak styf toe.