sr11016uurtuis_2_
Wat eet ons vandag?

Thai-viskoekies met slaai

(4 porsies)

  • 250 g wit vis, fyngekap
  • 1 x 410 g-blik keker-ertjies, gedreineer en fyngedruk
  • 50 g groenkerriepasta
  • hand vol vars koljander, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 eier
  • 30 g meel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie
  • 250 ml jogurt
  • sap van 1 lemmetjie
  • hand vol kruisement, gekap
  • 120 g slaaiblare van jou keuse

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng vis, keker-ertjies, kerrie, koljander, knoffel, eier en meel. Geur goed met sout en swartpeper.Verdeel mengsel in gholfbal-grootte hopies van sowat 100 g elk. Rol in netjiese balle met handpalms en druk effens plat. Verhit olyfolie in ‘n middelslag-pan. Sit vis in pan en braai stadig tot goudbruin aan weerskante, sowat 3 minute per kant. Plaas op skoon bakplaat en sit in warm oond tot gaar, sowat 10 – 12 minute.Terwyl die vis bak, meng jy die jogurt, sap en kruisement. Verdeel slaaiblare tussen borde en plaas gaar viskoekies bo-op. Skep jogurt oor en sit voor.