combo 4 final
Wat eet ons vandag?

Varklies met appel en rum

Appel en vark is natuurlike pasmaats. Die rum gee aan die sous ’n lekker karamelgeur.

genoeg vir 6

  • 4 uie
  • 4 knoffelhuisies
  • 1 hand vol vars salie
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 2 x 330 ml-bottels appelwyn (cider)
  • 100 ml donker rum
  • 2,5 kg varklies aan die been (vra jou slagter om die vel vir jou in te kerf)
  • 15 ml bakpoeier
  • 30 ml vinkelsaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die oond tot 160°C. Plaas die uie, knoffel, salie, aftreksel, appelwyn en rum in ’n oondroosterbak met die varklies velkant bo bo-op. Sprinkel bakpoeier oor vleis en vryf met jou vingerpunte in die vel in. Sprinkel vinkelsaad bo-oor en geur goed met sout en peper.

Plaas oop in warm oond en bak 2 uur of tot die vet opgepof is. Hou die vloeistof in die pan goed dop – as dit te min raak, voeg nog aftreksel of appelwyn by. Stel die oondtemperatuur hoër, tot 180 °C, en bak nog sowat 15 minute tot die vet goudbruin is. Verwyder die varklies uit die oond en laat 10 minute rus. Sit voor met pansous en uie.