FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Wat eet ons vandag?

Warm sampioenslaai

Koop eksotiese sampioene as jy nie jou eie kan pluk nie. Lekker middel van die week vleislose aandetes.

genoeg vir 6
• 30 g (45 ml) botter
• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 400 g gemengde sampioene,
skoongemaak en gehalveer
• sap en gerasperde skil van 2
suurlemoene
• sout en varsgemaalde peper
• 2 crottin-bokmelkkase, oorlangs gehalveer
• 80 g slaaiblare van jou keuse
• 50 g granaatpitte

Verhit oond se rooster-element tot warm. Verhit botter en olie tot warm in groot braaipan. Voeg ui en knoffel by en roerbraai tot ui begin verbruin – sowat 3 minute. Voeg sampioene by en braai nog 8 – 10 minute of tot sampioene verbruin. Verwyder van hitte en voeg suurlemoensap en -skil by. Geur goed met sout en peper en meng deur.

Pak kaas op bakplaat met gesnyde kant na bo en bak onder rooster-element tot dit begin verbruin. Skep warm sampioene op opdienbord. Sprinkel slaaiblare en granaatpitte oor. Plaas gebakte kaas bo op. Geur met sout en peper en sit voor.