FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Wat eet ons vandag?

Winter-viskoekies

Mariska Venter van Durbanville: “Ek maak graag dié viskoekies op weeksaande vir my gesin, maar dis ewe gewild op my Sondagtafel.”

genoeg vir 6 – 8

•  3 groot aartappels – gaar en fyngedruk
•  1 x 415 g-blik salm, fyngevlok
•  1 x 170 g-blik tuna-stukke, gedreineer
•  400 g droë broodkrummels
•  2 eiers
•  1 x 3 ml-stuk vars gemmer, fyngerasper
•  1 rooi brandrissie, fyngekap
•  2 knoffelhuisies, fyngekap
•  10 ml fyn komyn
•  hand vol koljanderblare, fyngekap
•  sout en varsgemaalde swartpeper
•  45 ml olyfolie
•  350 ml tartaarsous vir voorsit

Meng aartappel, salm, tuna en 200 g van die broodkrummels saam. Voeg eiers, gemmer, rissie, knoffel, komyn en koljander by. Geur baie goed met sout en peper. Meng goed deur met houtlepel. Verdeel beslag in 8 porsies en vorm ronde viskoekies. Rol koekies in oorblywende 200 g brood- krummels. Verhit olie in braaipan. Braai koekies 3 — 5 minute of tot weerskante goudbruin en gaar. Sit voor met tartaarsous.