Ons hou van

1  2  3  4  5  6  7  8  9
  • Jean Paul Gaultier raak hoog - Donderdag, 29 Jul. 2010

    Jean Paul Gaultier raak hoog

    Die modeontwerper Jean Paul Gaultier volg in die voetspore van die ontwerper Vivienne Westwood en het ook 'n skoen vir die Melissa-reeks ontwerp.

    Hy beskryf dié hakskoen van 10 cm hoog (R1 590) van plastiek en deursigtige plastiek as 'n mengsel van sensualiteit en elegansie.

    Kontak 021 424 3846  vir meer inligting.

    Lees die artikel: Vivienne Westwood in plastiek!

    Galery

    Jean Paul Gaultier raak hoog
  • Nuut by Jet-winkels - Woensdag, 28 Jul. 2010

    Nuut in Jet winkels

    'n Afdeling met huisware is vanaf einde Julie 2010 by uitsoek-takke van Jet-winkels beskikbaar. Mooi en bekostigbare eetstelle, tafeldoeke, kombuistoebehore, beddegoed en handdoeke sal onder meer te koop wees. Gaan loer gerus in.

    Kontak 0860 005 006 of besoek www.jetstores.co.za vir nog inligting.

    Galery

    Nuut in Jet winkels
  • Wonderskone slaap - Dinsdag, 27 Jul. 2010

    Elizabeth Arden Intervene Skin Tone Capsules

    Terwyl jy jou skoonheidslapie inkry, sorg Elizabeth Arden Intervene Skin Tone Perfecting Capsules (R295)
    dat jou vel herstel word met vitamien C, wat tekens van stres en sonskade teenwerk vir ’n helder vel.

    Lees die artikel: Lerato vir Elizabeth Arden

    Galery

    Elizabeth Arden Intervene Skin Tone Capsules
  • Twilight-ster is nuwe gesig vir Calvin Klein-onderklere - Maandag, 26 Jul. 2010

    Kellan Lutz vir Calvin Klein

    In die 90's het Kate Moss en MarkWahlberg beroemd geword in Calvin Klein se skrapse ondergoed. En nou is dit Kellan Lutz (Emmet) van die Twillight Saga, Spaanse tennisspeler Fernando Verdasco en Zoe Saldana (Neytiri in Avatar) se beurt as die nuwe gesigte van Calvin Klein se onderklere-reeks.

    Calvin Klein se basiese onderklere (van R120 per item) is nou ook by uitsoek-takke van Edgars, Foschini, Markham en Stuttafords kry.

    Vir meer inligting, skakel (021) 590 6630

    Hier is 'n onderhoud met Kellan Lutz

    Galery

    Fernando Verdasco - Spaanse tennisspelerKant bra van Calvin KleinSwart bra van Calvin KleinKant broekie van Calvin KleinSwart kant broekie van Calvin KleinKellan Lutz vir Calvin Klein
  • Interessante dekor - Vrydag, 23 Jul. 2010

    Interessante dekor

    Life Unplugged in Parkhurst, Johannesburg, is 'n knus dekorwinkel waar jy om elke hoek en draai iets kan ontdek. Van 'n blou geverfde skoolbankie tot 'n silwerwaterbeker met 'n vetplantjie en 'n bank gestoffeer met afvallappies waarop jy ontwerper-kussings wat lyk soos rose kan staanmaak.

    Soos hul webtuiste sê: Life Unplugged bied aan die nuuskierige kliënt 'n ontsnaproete van die norm.

    As jy in die omgewing is, gaan loer gerus in by 22B 4de Laan. Hulle doen ook binneversiering en stoffeerwerk. Die eienaar is Francois de Villiers.

    Kontak hom by 011 023 7955 of info@lifeunplugged.co.za.

    (Die kussing wat soos 'n blom lyk, kos R492.)

    Galery

    Interessante dekorLeefstylwinkelLeefstylwinkel
  • Boss se nuwe ambassadeur - Donderdag, 22 Jul. 2010

    Orlando Bloom

    Dit is 'n jaar sedert Boss aangekondig het dat Sienna Miller die gesig van hul Boss Orange Woman-parfuum is. Nou het hierdie parfuum 'n metgesel gekry: Boss Orange for Men, met Orlando Bloom as die nuwe gesig.

    Orlando verklap dat dit vir hom maklik is om te identifiseer met die Boss Orange-handelsnaam: "Dit is nonchalant en spontaan – eienskappe waarmee ek my maklik kan vereenselwig."

    Orlando, wat ook 'n welwillendheidsambassadeur vir die VN se kinderfonds is, is verloof aan die model Miranda Kerr. Hy is bekend vir sy rolle in The Lord of the Rings en Pirates of the Caribbean en werk tans aan Main Street saam met Colin Firth, The Good Doctor en The Three Musketeers. Hy speel ook in Sympathy for Delicious wat hierdie jaar uitgereik is.

    Galery

    Orlando Bloom
  • Sexy sonbrille - Woensdag, 21 Jul. 2010

    Guess vroue sonbrille

    Guess se nuwe reeks sonbrille put inspirasie uit die ou Wilde Weste, maar die kombinasie van aardsheid en sensualiteit maak dit nommerpas vir nou. As jy 'n opregtemodeslaaf is, móét jy een van dié plastiekbrilrame (vanaf R1 099) met detail op die oorstuk aanskaf.

    Verskaffer: SDM Eyewear, 011 334 7020.

    Galery

    Guess mans sonbrilleGuess vroue sonbrille
  • Linne-en-seildoekstoel - Dinsdag, 20 Jul. 2010

    Nikito-stoel

    Hierdie mooi Nikito-stoel van linne en seildoek is nuut by Weylandts. Die raam is van soliede hout en sit heerlik gemaklik. Die Nikito-stoel kos R8 995, te koop by takke landwyd.

    Galery

    Nikito-stoel
  • Tilda Swinton vir Pringle - Maandag, 19 Jul. 2010

    Tilda Swinton

    Pringle of Scotland het ’n splinternuwe reeks klere op die rak.

    Volgens Callum Scott, die bemarkingsredakteur van Pringle Suid-Afrika, bestaan die 2010-versameling uit modieuse, kontemporêre kledingstukke sowel as’n reeks klassieke Pringle-artikels vir mans en vrouens.

    Hierdie opwindende nuwe reeks is bekend gestel deur die Oscar-wenner Tilda Swinton – die nuwe gesig van die mans- en vrouereeks. Dié aktrise, wat bekend is vir haar individualistiese styl, is die perfekte handelsmerk-ambassadeur. Benoit Duverger, Pringle se direkteur van internasionale kommunikasie, meen mense van jonk tot oud identifiseer met haar.

    Pringle het ook onlangs 'n nuwe konsepwinkel oopgemaak in die Gateway-sentrum in KwaZulu-Natal. Hierdie Gateway-tak is die negende Pringle-winkel in Suid-Afrika.  

    Vir meer inligting, bel 012 348 2596, 021 555 3377, 031 584 8100 of besoek www.pringlescotland.com.

    Galery

    Tilda Swinton
  • Jou gratis veeldoelige sakkie vir jou handsak - Vrydag, 16 Jul. 2010

    Gratis sakkies vir jou handsak

    Jou Augustus-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 26 Julie te koop) kom met ’n gratis veeldoelige sakkie vir jou handsak in een van 5 treffer-kleure: swart, pers, silwer, goudbruin of brons. Dis perfek om al jou noodsaaklikhede in te bêre – jou gunsteling-lipstiffie, blosser en sneesdoekies.

    ONTHOU: Jou Augustus-SARIE is vanaf 26 Julie te koop

    Lees die artikel: Handsakke vs skoene

    Galery

    Gratis sakkies vir jou handsak
1  2  3  4  5  6  7  8  9

My sê tel

Hoeveel tydskrifte koop/lees jy gemiddeld per maand?

Minstens 5 (soms meer)
Ek't my 2 of 3 gunstelinge
Ek blaai soms deur, maar het nie regtig tyd nie
Net een of twee
Ek lees nie tydskrifte nie