FOTO iStockphoto

FOTO iStockphoto

SARIE

4 wenke: Kikker só jou WhatsApp-chemie op!

Destyds moes jy en die liefde van jou lewe (of net ’n drukkie-vir-’n-rukkie) elke sekonde wat julle saam kon deurbring ten volle benut. Toe was daar net landlyne en dalk ’n antwoordmasjien. Deesdae wroeg jy oor verwarrende e-posse en WhatsApp-boodskappe wat jy kan sién hy al gelees het.

In die era van “tekstuele aantrekkingskrag” is dit nie meer genoeg om nét reëlings te tref via WhatsApp nie. Jou verhouding speel ook uit in die aanlyn-wêreld. En teksboodskappe maak dating meer dubbelsinnig – die opsitkers het nou plek gemaak vir die teksboodskap. En ’n teksboodskap kan vinnig verkeerd gelees word …

In in dié wêreld beteken dit ook vir baie paartjies dat jou verhouding se teks-chemie net soveel aandag moet geniet soos jul fisiese aantrekking.

Hoe lyk jou teksboodskap-chemie? Kikker dit só op:

1. Hou jou teksboodskappe lighartig. Beskou dit as die elektroniese ekwivalent van ’n flanker-oomblik by diekantoor se koffiemasjien. Vermy emosionele ontboesemings, positief en negatief.

2. Wees geheimsinnig. Moenie verplig voel om elke teksboodskap te beantwoord nie. Laat hom terug kom vir meer.

3. Dis nie Facebook nie. As jy aanmekaar teksboodskappe en foto’s stuur van al die lekker dinge wat jy doen, gaan dit jou nie gewild laat lyk nie, eerder dat jy heeltyd dink aan watter boodskappe om volgende te stuur.

4. Wees humoristies. Dit beteken nie jy moet klop-klop grappies uitryg nie. Maar ’n grapperige flankeer-boodskap is ’n honderd maal meer bekoorlik as ’n ernstige een.

Bron: Match.com

Koop die Julie-uitgawe van SARIE om die volledige artikel te lees.

JULie cover bobby van jaarsveld