Maak jou eie botter só

Maak jou eie botter só FOTO: Donna Lewis

SARIE KOS

Botterwenke

“As jy bang is vir botter, gebruik room!” is een van Julia Child se bekendste sêgoed en ek stem heelhartig met haar saam. Maar vandeesweek het ek na kospryse gekyk en met ‘n skok gesien wat botter kos.

Maak jou eie botter só

Dis maklik om jou eie botter te maak. Uit 500 ml room kry jy min of meer 250 g – 300 g botter

Pick n Pay – PnP-room, R27,59 vir 500 ml

Checkers – Clover Fresh Cream, R37,99 vir 500 ml

Woolworths – Woolworths Whipping Cream, R18,95 vir 250 ml

Grafika Botter

Tuisgemaakte botter 

Jou gesondheid

Botter is ’n diervet en die meeste mense assosieer dit nie met gesond eet nie. Maar jou liggaam het ook ’n bietjie diervet nodig en jy kry dit nie in verwerkte vette, soos margarien, nie. Gebruik botter matig. Een teelepel botter gee kos meer smaak as een teelepel margarien – sonder te veel skade.

Wenke vir botter

  1. As jy sien botter is op uitverkoping of spesiale aanbod, koop ‘n paar blokke en hou dit in jou vrieskas.
  2. Voor jy dit vries, sny die botter in kleiner porsies en draai elk apart toe – ek beveel 100 g-porsies aan. Dan kan jy uithaal soos jy dit nodig kry.
  3. Gebruik eerder botter en olyfolie om die helfte wanneer jy kos braai. Nie net is dit gesonder en goedkoper nie, maar die olie keer dat botter bruinbrand voordat die kos gaar is.