STRAWBERRY
SARIE KOS

Framboos en witsjokolade

Tuisgemaakte roomys sonder ’n roomysmasjien? Ja, dis nou as jy semifreddo’s maak. Makliker en lekkerder kry jy nie

GENOEG VIR 1 LITER

Vul ’n kastrol halfpad met water en bring tot kookpunt. Stel plaat op laagste hitte. Sit 2 eiers en 80 g (95 ml) strooisuiker in ’n mengbak wat op die kastrol sal pas. Plaas mengbak bo-op kastrol en klits verkieslik met ’n elektriese handklitser tot dik en lig van kleur. Haal bak af van kastrol en laat effens afkoel. Smelt 150 g witsjokolade oor kookwater. Voeg gesmelte sjokolade by eiermengsel. Klits 250 ml room styf en vou in mengsel in. Verpulp 375 g frambose en voeg by. Meng goed deur. Skep in houers en plaas oornag in vrieskas tot gevries. Garneer met vars frambose en stukkies witsjokolade.