chocolate
SARIE KOS

Sjokolade-semifreddo

Tuisgemaakte roomys sonder ’n roomysmasjien? Ja, dis nou as jy semifreddo’s maak. Makliker en lekkerder kry jy nie

Genoeg vir 1 liter

Vul ’n kastrol halfpad met water en bring tot kookpunt. Stel plaat op laagste hitte. Plaas 2 eiers en 100 g (120 ml) strooisuiker in ’n mengbak wat op die kastrol sal pas. Plaas mengbak bo-op kastrol en klits verkieslik met ’n elektriese handklitser tot dik en lig van kleur. Haal bak af van kastrol en laat effens afkoel. Smelt 100 g 70%-donkersjokolade oor kookwater. Voeg by eiermengsel en meng goed deur. Klits 250 ml room styf en vou in mengsel in. Skep in houers en plaas oornag in vrieskas tot gevries. Garneer met blokkies sjokolade.