Screen Shot 2016-02-10 at 11.18.43 AM
Kos

Aartappelslaai op ’n stokkie

Probeer hierdie nuwe manier om aartappelslaai te maak. Die gebraaide aartappels is baie lekker.

6 porsies

  • 500 g baba-aartappels
  • 250 g laevet-strepiespek
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 1 hand vol dille, fyngekap
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 6 agurkies, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 45 ml olyfolie
  • 6 hout-kebabstokkies

Plaas aartappels in pot met koue water en bring tot kookpunt. Kook vir sowat
10 – 12 minute of tot net gaar. Laat afkoel. Draai helfte van aartappels toe in strepiespek. Ryg om die beurt een spek- aartappel en een sonder spek op kebabstokkies, sodat jy 2 van elke aartappel op elke stokkie het. Meng jogurt, dille, agurkies, knoffel en rooi-ui saam. Geur met sout en peper. Kry kole medium-warm. Verf kebabs met olie.
Geur goed met sout en peper. Braai oor matige hitte vir sowat 5 minute per kant of tot spek lekker goudbruin en bros is. Sit voor met jogurtsous.