Basiese witbrood-deeg
(LEWER SOWAT 1 KG DEEG)
- 1 x 10 g-sakkie kitsgis
- 10 ml suiker
- 10 ml sout
- 400 ml louwarm water
- 500 g broodmeel
Meng die gis, suiker en sout met die water in ’n medium-groot mengbak. Voeg broodmeel by en meng met ’n houtlepel tot ’n stywe, kniebare deeg. Strooi meel op jou tafel en gooi die deeg uit op die meel. Gebruik jou hande en knie die deeg vir 8 –10 minute, of tot dit elasties is. Smeer mengbak met olie en plaas deeg terug in bak. Draai toe met plastiek en laat rys op ’n warm plek tot verdubbel – sowat 30 minute.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Alles-in-een-broodjie
Dis ’n maklike en vinnige ontbyt. Alles word in die oond gaar en jy het min skottelgoed, min moeite . . .
-
Resepte vir 'n sokkerfees!
SARIE KOS Herfs 2010
Dit klink of die buitelanders omtrent smul aan ons eg Suid-Afrikaanse "reënboog-cuisine", met bobotie glo heelbo aan die lys! By sarie.com het ons 'n paar resepte spesiaal vir jou en jou gaste uitgekies om dié wêreldbeker so kuier-kuier in te gaan.
-
Stokbrood met gebraaide wors
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dié een is lekker kampvuurkos, en die kinders sal dit ook geniet om te maak.
















Kommentaar