sarie035
Kos

BLT’S (Bacon, Lettuce & Tomato)

Pangeroosterde brood bly lekker bros tot middagete.

genoeg vir 1 broodjie

• 2 snye rogbrood
• 30 ml sagte botter
• 4 repe strepiespek (streaky)
• 2 groot kropslaaiblare (iceberg)
• 1 tamatie, in dun skywe gesny
• 30 g gerasperde sterk cheddarkaas
• sout en varsgemaalde swartpeper

Smeer ’n dun lagie botter aan albei kante van brood. Braai oor matige hitte in kleefvrye pan tot weerskante bros en goudbruin. Plaas op afkoelrak.

Braai spek in dieselfde pan tot bros. Pak op kombuispapier tot benodig.  Plaas blare, skywe tamatie, kaas en spek op brood. Geur met sout en swartpeper. Bedek met ander sny.