Glutenvry

Glutenvry

Wat is gluten?

Ons weet almal koring bevat baie koolhidrate. Maar dié graansoort – en ook rog en gort – bevat ook verskeie proteïene, en een van dié proteïene is gluten.

Allergies vir gluten: die simptome

Jy hetmoontlik ’n gluten-allergie as jy simptome het soos opgeblasenheid, maagkrampe en naarheid, en ook ’n loopneus, ’n postnasale drup, asmamet benoudheid en fluitbors, of ekseem met galbulte wat jeuk, naarheid en diarree. Gluten-allergie is die gevolg van ’n immuniteitsreaksie en die gluten-teenliggame sal in jou bloedmonster teenwoordig wees. Gluten- of koringallergie kan op enige ouderdom ontwikkel. As bloedtoetse nie bevestig het dat jy aan koring-allergie ly nie, is dit veiliger om eerder van gluten-sensitiwiteit te praat.

* Jy ismoontlik gluten-intolerant as jy bg. simptome ervaar, asook gewrigspyn en gewigsverlies. Jy ly danwaarskynlik aan seliaksiekte (celiac disease), wat geneties en oorerflik is.

Wat jy moet weet

Vir die meeste van ons is koring en al sy koolhidrate en proteïene voedsaam en ’n uitstekende bron van energie. Maar sommige mense voel olik nadat hulle koring, rog of gort geëet het. Dit kan die gevolg wees van ’n glutenallergie, of van gluten-intoleransie (gluten-sensitiwiteit). Gluten-allergie en gluten-intoleransie is twee verskillende gesondheidsprobleme. Die eerste en belangrikste stap in die behandeling van albei is om gluten – en dus koring – te vermy. Maar omdat die algehele uitskakeling van koring en koringprodukte tot ’n vitamien B-tekort kan lei, is dit die beste om jou dokter te spreek om vas te stel of jy bykomende behandeling nodig het en omdie regte B-aanvulling te neem.

 Goeie nuus

Heelwat glutenvrye produkte is beskikbaar, asook ’n verskeidenheid glutenvryemeelsoorte – soja, aartappel-, kekerertjie-, bokwiet- (buckwheat), pylwortel- (arrow root) en mielieblom-meel. ’n Glutenvrye dieet kanwél mielies, rys, aartappels, patats, kassawe, tapiokaen sago insluit.