q0i0231
SARIE KOS-uitgawes

Groente-samoesas met blatjang

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 brandrissie, saadjies uitgekrap en fyngekap
  • 2 wortels, in ringe gesny
  • 90 g groenboontjies, grofgekap
  • 3 murgpampoentjies, in ringe gesny
  • 200 g kool, fyngesny
  • 30 ml kerriepoeier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 10 velle samoesa-deeg, in die helfte gesny
  • olie vir diepbraai
  • blatjang vir voorsit

Verhit olyfolie in ‘n middelslagpan tot warm. Voeg ui, knoffel en brandrissie by. Braai vir 5 minute of tot begin verkleur. Voeg wortels, boontjies en murgpampoentjies by. Braai vir 5 minute. Voeg kool by en braai vir nog 5 minute. Voeg kerriepoeier by en geur goed. Verdeel mengsel tussen deegvelle. Plaas dit regs op die bopunt van elke vel en vou die boonste deeghoek bo-oor die vulsel in ‘n driekhoekvorm. Vou nou die deel wat toegevou is weer oor. Hou so aan tot jy aan die onderkant van die deegvel kom in ‘n driehoekvorm. Maak die onderste deeg wat oorbly nat
met water. Vou toe en seël dig. Verhit olie tot warm en braai samoesas vir 5 – 8 minute of tot goudbruin. Dreineer en sit warm voor saam met blatjang.

  • flctlhdd

    wTZI2v kdgcjjaeuseu, [url=http://ubaitmazhvur.com/]ubaitmazhvur[/url], [link=http://puyzjwcuzepd.com/]puyzjwcuzepd[/link], http://eldtijrzwasz.com/