FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Kos

Energie-smoothies vir jou sportnaweek

Rugby, krieket, Cape Epic. Dié naweek is daar groot sport. Wat beter as ’n smoothie met ’n skop, ook vir ons wat krag soek om die deelnemers uit die rusbank te ondersteun!

Proteïenbom

Die Proteïenbom is net reg as jy ’n energie-hupstoot nodig het. 

(sowat 500 ml)

  •  125 ml Bulgaarse jogurt
  •  125 ml volroommelk
  •  15 ml Milo
  •  2 piesangs, in stukke gesny (vries die piesangs vir ’n dikker smoothie)
  • 30 ml grondboontjiebotter
  • 8 amandels
  •  3 ysblokkies

Vir bo-op

  • Nog ’n bietjie Milo

Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad. Gooi in glase en sprinkel ekstra Milo bo-oor.

Proteïenbom

Proteïenbom
PHOTO: Micky Hoyle