Heel ingelegde perskes
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis vir my een van die lekkerste nageregte. As kind in die Karoo het my ouma dit vir ons vir poeding gegee met vars plaasroom
(1 groot drieliter-bottel)
- 2,25 liter water
- 230 g (360 ml) suiker
- 20 geelperskes
Gooi die water en suiker in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer om die suiker te laat oplos. Sit die heel perskes in die kokende stroop en kook vir 10 minute. Haal perskes versigtig uit en trek die skil af. As jy sukkel, kan jy dit met ’n mes afsny. Plaas die perskes in ’n gesteriliseerde bottel en gooi die warm stroop bo-oor. Gebruik nou ’n gesteriliseerde staalpennetjie (my ouma het ’n breipen gebruik) en druk al die lugblasies uit wat tussen die perskes gevorm het. Maak die bottel styf toe.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
















Kry jou SARIE oral, enige tyd