Braaibroodjies in 'n pan

Deur Herman Lensing

Braaibroodjies in 'n pan Foto’s: Donna Lewis Galery

20 minute

(4 - 6 porsies)

  • 45 ml sagte botter
  • 12 snye witbrood
  • 60 ml blatjang
  • 150 g (12 skyfies) cheddarkaasvelle
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 tamaties, in ringe gesny

Verhit 'n riffelpan tot matig warm. Smeer brood met botter en draai botterkant na onder. Smeer 6 snye met blatjang, gevolg deur 'n skyfie kaas. Verdeel uieringe tussen die 6 snye gevolg deur tamatieringe. Geur met sout en peper. Sit nog 'n sny kaas op en plaas die ander 6 snye brood boop met botter na buite. Braai vir sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of tot goudbruin en kaas
gesmelt is. Sit warm voor met slaai of winkelsop.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

Kommentaar

  • ....hmm..... ek weet nie watter een om eerste te probeer nie... biltong... kaas... grootste roosterbroodjie... riffelpan.... ek sal moet beurte maak met hierdie heerlike voorstelle wanneer die skoolvakansie eers goed op dreef is! Maar sê niks vir die kids nie, ek wil hulle verras... sshhhh

    29ste Nov. 2011, 18:06