• Hannie Botha

    Weereens baie dankie vir ‘n wonderlike dag. Sopas my laaste blokkie Lindt uit die "goodie bag" verorber!

  • elize Cilliers

    ‘n Wonderlike dag!!
    Het dit baie geniet!!
    Volgende jaar is ek weer daar.

  • Corlize Taute

    Baie baie dankie vir ‘n wonderlike dag. Ons het 1000km (heen en terug) gery om die dag saam SARIE KOS te kuier. Alles was puik, die kunstenaars, kos en natuurlik was Nataniel soos altyd ongelooflik entertaining. Die geskenksak was ‘n fantasiese bonus, tonne dankies daarvoor. Dalk kan julle in die vervolg ‘n beter manier kry om die wonderlike pryse uit te loot. Wat van nommers op elkeen se program – so gee dit almal ‘n meer regverdige kans om te wen – en sluit dit die alewige geskree uit (kon duidelik agterkom Nataniel was erg geirriteerd).
    Volgende jaar maak ons Vryburgers 2 tafel vol. Baie baie dankie weereens.

  • Lee-Ann Ferns

    Ongelooflike ervaring sien julle definitief volgende jaar weer.

  • Madeleine

    Dit was ‘n ongelooflike dag, maar ongelukkig moes ek noem dat die standaard laas jaar SO hoog gestel was dat die kos hierdie jaar nie tot dieselfde standaard was nie. Die sop was koud en die mezze platter basies 1 happie, die pastei was heerlik en die nagereg het na niks anders as room geproe nie. Ek is jammer om te se dat alhoewel die kunstenaars ongelooflik great was ens, die kos hierdie keer teleur gestel het en dat ons ons drankies moes koop voor die tyd (nie alkoholies).