sk0907koejawels05micky_hoyle
Kos

Geurige koejawels

Die koejawels is ewe lekker warm of koud en kan as onbyt of nagereg voor gesit word. 

genoeg vir 4

•   100 g suiker
•   500 ml water
•   1 kaneeelstok
•   1 vanieljepeul, saadjies uitgeskraap
•   8 koejawels, geskil en in kwarte gesny

Plaas suiker, water, kaneelstok en vanielje peul saam in ’n medium kastrol. Bring tot kookpunt en kook oop vir sowat 5 minute. Verwyder van hitte. Plaas die koejawels in warm stroop en laat in stoop afkoel. Sit warm of koud voor.