Kos

Vries jy vleis te lank?

Daar is sekere riglyne vir die vries van kos, maar min mense steur hulle regtig daaraan. Met vleispryse wat nou aanhou styg, probeer ons soms om vleis te lank te vries.

Hier is ’n paar basiese riglyne oor hoe lank jy vleis in die yskas en vrieskas behoort te bêre.

Rou beesvleis

Yskas: 2 - 3 dae
Vries: 4 - 6 maande

Rou varkvleis

Yskas: 2 - 3 dae
Vries: 4 - 6 maande

Rou lamsvleis

Yskas: 2 - 3 dae
Vries: 6 - 9 maande

Rou hoender

Yskas: 1 - 2 dae
Vrieskas: 9 - 12 maande

Spek

Yskas: In verseëlde verpakking kan dit tot 5 dae in jou yskas vars bly
Vrieskas: 1 maand

Rou wors

Yskas: 1 - 2 dae
Vrieskas: 1 - 2 maande

Rou maalvleis en hamburger-patties

Yskas: 2 - 3 dae
Vrieskas: 3 - 4 maande

20160314_VrieskasVleis