FOTO: Unsplash (Anna Vander Stel)

FOTO: Unsplash (Anna Vander Stel)

Kos

Gratis kosgeskenke as jy verjaar!

As kind het min dinge my op my verjaardag so opgewonde gemaak soos ’n roomys wat soos ’n nar versier is, met ’n brandende sparkler en vrolike kelners wat luidkeels vir jou sing –  julle almal weet waarvan ek praat!

In daai paar onbeplande sekondes wanneer die roomys by die tafel aankom, het ek altyd soos die heel belangrikste persoon gevoel. En noudat ek groot is, is dit ’n spesiale glas vonkelwyn of ’n romerige sny kaaskoek wat op my verjaardag die kroon span.

Hier is 10 plekke waar jy moet gaan kuier as jy verjaar

Makaron-restaurant, Stellenbosch

makaron

Hier moet jy hulle vooraf, wanneer jy bespreek, in kennis stel dat jy of een van jou gaste verjaar. Die sjef gaan jou bederf met ’n klein enkelporsie koek – net vir jou gebak.

Waar?

Houtkapperstraat, Stellenbosch, 7600

Tel:021 880 1549

Craft, Johannesburg

craft-restaurant

As jy besluit om jou verjaardag hier te vier, kan jy gesoute karamel-kaaskoek verwag. Jy hoef nie te bespreek nie, stel net die kelners in kennis as jy daar opdaag. Wie weet, dalk sing hulle ook nog vir jou as jy mooi vra!

Waar?

33 4th avenue, Parkhurst

Tel: 011 788 7111

De Kloof-restaurant, Pretoria

kloof

Ek moet nog iemand ontmoet wat nie van sjokolade hou nie, veral op sy of haar verjaardag. Besoek jy De Kloof in Pretoria, gaan die kombuis jou verjaardag spesiaal maak met ’n sjokoladebord, kompleet met ’n handgeskrewe sjokoladenota.

Waar?

Waterkloof Gholf-landgoed, Waterkloof

Tel: 073 092 8562

Iewers Nice, Bloemfontein

iewers4-26Jul12-094320

Min dinge sê verjaardag soos ’n kolwyntjie. Maak seker jy kry jou spesiale een by Iewers Nice as jy in Bloemfontein jou verjaardag vier.

Waar?

28 Reidstraat, Westdene, Bloemfontein

Tel: 071 695 0104

Hemelhuijs, Kaapstad

Hemelhuijs-Interior-1

Elke dag is ’n goeie dag om vonkelwyn te drink, maar soveel te meer as jy verjaar. Besoek jy op dié dag Hemelhuijs in Kaapstad, word jy bederf met ’n glas vol borrels – as julle twee gaste is, sal hulle selfs die gas ook bederf.

Waar?

71 Waterkantstraat, Kaapstad

Tel: 021 418 2042

Oep ve koep, Paternoster

 Die-Winkel-op-Pater-Noster1

Kan dit enigsins beter raak as jy jou verjaardag aan die Weskus vier? Ja, by Kobus van der Merwe se Oep ve Koep wag vir jou ’n hele bottel wyn.

Waar?

St Augustineweg, Paternoster

Tel: 022 752 2196

Roots-restaurant,  Krugersdorp

Forum-Homini-(183)

By dié restaurant word die verjaardaggas bederf met vanielje-sponskoek en sjokolade-ganache – dit klink vir my sommer na ’n geskenk op sy eie.

Waar?

Forum Homini Boutique-hotel, Kromdraaipad, Krugersdorp

Tel: 011 668 7000

Orange-restaurant, Nelspruit

Francolin-lodge-63Orange-Home1

Hier moet jy hulle vooraf in kennis stel, wanneer jy bespreek, dat jy of een van jou gaste verjaar. Die restaurant gaan jou tafel mooi dek en selfs vir jou ’n gratis bottel vonkelwyn gee.

Waar?

4 Du Preezstraat, Nelspruit

Tel: 013 744 9507

La Vie en Rose, Johannesburg

 

LaVenue1

 

Hier wil ek my verjaardag gaan vier wanneer ek weer in Johannesburg is, want die kombuis bederf jou met ’n spesiale nagereg en roomys. En jou naam word in sjokolade op die bord geskryf.

Waar?

48 Melville road, Illovo

Tel: 011 268 6144

Bellevue Café, Durban

 Bellevue-Cafe-Kloof

By hierdie restaurant in Durban kan jy kies: ’n brownie of ’n kaaskoek. Dit klink vir my na ’n plek om te wees op jou verjaardag!

Waar?

5 Bellevue road, Durban

Tel: 031 717 2780