sarie026
Glutenvry

Ham-kaas-en-eier-muffins

Glutenvrye hoë-proteïen-muffins – min moeite en perfek vir die kosblik.

genoeg vir 6 groot muffins

• 100 g gerasperde kaas
• 6 snye ham, in blokkies gesny
• 6 eiers
• 250 g krummel-maaskaas
• 125 ml room
• 2,5 ml sout
• varsgemaalde swartpeper
• 30 klein kersietamaties

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n muffinpan met 6 groot holtes goed met kleefwerende kossproei. Meng al die bestanddele behalwe die tamaties saam in ’n mengbak. Roer goed met ’n draadklitser. Verdeel mengsel tussen muffinholtes.

Druk 5 tamaties in mengsel in elke holte. Plaas in oond en bak 20 minute of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit en plaas pan op afkoelrak. Verwyder afgekoelde muffins uit pan. Pak in kosblik saam met groentestokkies, kaasblokkies en neute.