FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Kos

Herman gesels met Jamie’s se sjef Shane

Brittanje is bekend vir koningin Elizabeth II, die slegte weer, skons, Wimbledon, prins Harry en – natuurlik – Jamie Oliver! En binnekort sal Suid-Afrikaners aan sy geregte kan smul by die nuwe restaurant Jamie’s Italian in Melrose Arch, Johannesburg.

En die man wat vir Jamie in sy Suid-Afrikaanse kombuis gaan verteenwoordig, is niemand anders nie as sjef Shane Smit. Maar vir Shane is ’n kombuis van Jamie niks nuuts nie. Hy het immers vir ’n jaar in die eerste Jamie’s Italian in Oxford, Engeland, gewerk en gekook. Dié restaurant is in 2008 geopen.

classic Creamy Wild Mushroom Risotto simple and delicious ozzey good times

A photo posted by Jamie Oliver (@jamieoliver) on

Shane is gek na Italiaanse geregte en hoop dat Suid-Afrikaners by Jamie’s Italian ook hierdie liefde sal deel.

En Shane verklap dat daar beslis bekende Suid-Afrikaanse à la Italiaanse geure op die spyskaart sal verskyn.

Maar sou Shane vir Jamie ’n tradisionele eg Suid-Afrikaanse gereg kon maak, sal dit net een ding wees: Boerewors oor die kole!

“Daar’s net iets aan die geur van boerewors oor die kole,” vertel Shane aan SARIE.com.


En as hy een gereg op Jamie’s Italian se spyskaart kan voorstel?

“Oe, die steurgarnaal-linguine. Dit is fantasties! Jamie’s Italian se franchise verkoop dié gereg gemiddeld een keer elke minuut van die dag.”

Vyf blitsige vrae met Shane

1. Winter of somer?

Somer!

2. Bredie of soesji?

Bredie

3. Wyn of bier?

Wyn

4. Italiaans of Suid-Afrikaans?

Italiaans! Ek is gek na Italiaans.

5. Sal jy eerder vloere was of skottelgoed was?

Vloere!

Besoek Jamie’s Italian vir meer inligting.

Our wood-fired oven in #Newcastle makes amazing #pizza! #hotstuff

A photo posted by Jamie’s Italian UK (@jamiesitalianuk) on

Lees nou

Kortpad-souttert, Herman se manier!

Wenke vir ’n klein spasie