501855895
Kos

Hou partytjie sonder alkohol

Ja, dis moontlik! Gesond leef is immers op almal se lippe, so ook die droom om vir altyd jonk te wees. Die nommer-1-wenk is om alle vorme van alkohol te beperk en so min moontlik daarvan te drink. Hoe meer water jy drink, hoe mooier en gesonder sal jy lyk en voel. Lees HIER wat alkohol aan jou vel doen.

In supermarkte kry jy deesdae jou gunsteling-drankies met al die smaak maar sonder die alkohol-skop! Ons het vier gekry wat jy die komende somer op jou spyskaart móét hê.

1. Bier

Wat is die rugby en braai sonder ’n yskoue bier? Probeer hierdie alkoholvrye bier van Bavaria. Daar is nege geure in dié reeks. My persoonlike gunsteling is die een met framboosgeur. Daar is ook ’n bier-shandy en een met suurlemoengeur.

range-malt-only

 

2. Jenewer-en-tonikum

Wat is nou meer somers as om die middag ná werk op die stoep te ontspan met ’n glas jenewer-en-tonikum – onthou die skyfies komkommer en suurlemoen! Danksy The Duchess kan jy ook nou ná werk ontspan sonder enige alkohol, suiker of kalorieë! Die verpakking is net so mooi soos die lekker smaak. Koop dit aanlyn hier.

the-duchess-bottle

3. Vonkelwyn

Wie kan nou feesvier sonder ’n heildronk met ’n glas vol borrels? Maar moenie bekommerd wees nie – die ikoniese vonkelwynhandelsmerk JC Le Loux maak seker jy kan deel in die feesvieringe, selfs al drink jy nie alkohol nie. Koop hul Le Domaine sonder alkohol aanlyn en laat jou partytjie begin – sónder die hoofpyn die volgende oggend!

GetWineImage

 

4. Rooiwyn

’n Bredie vra vir goeie geselskap en ’n glas rooiwyn! Moenie dié soort kuier misloop net omdat jy nie alkohol drink nie. Want jy kry selfs rooiwyn sonder alkohol. Die sap word nes rooiwyn in houtvate verouder, maar sonder dat dit gis (die gisproses is wat suiker omskakel in alkohol). Dit smaak net so heerlik soos die ware jakob. Die rooiwyn is ook perfek om bredies mee te maak. Koop Cabernet Sauvignon aanlyn hier of kyk by jou naaste gesondheidswinkel.

8

 

Self ’n disko sonder drank?

Ja, dit klink dalk onmoontlik, maar in ’n land soos Ierland is daar selfs nou nagklubs geopen waar geen drank verkoop word nie. Mense kom na die klubs toe om te dans vir die lekkerte en vir die oefening.

Alles om gesonder te leef en ’n beter leefstyl toe te pas. Lees hier meer oor die conscious concert -beweging oorsee.

FOTO www.consciousconcert.ie

FOTO www.consciousconcert.ie