dsc09043
Julle resepte

Pampoentert

Voorverhit jou oond op 180 C

Meng die volgende bestandele saam:

1kg gaar Butternut – afgekoel en fyn gedruk

2 eiers

2 eetlepels gesmelte margarien

250 ml room

Voeg by pampoen mengsel:

1 koppie suiker (of ‘n bietjie minder as jou pampoen van self soet is)

1 koppie koekmeel

10ml bakpoeier

Meng goed. Deeg is slap.

Gooi in ‘n bak en bak vir 30 – 45 minute (afhangende van hoe diep jou bak is)

Wanneer gaar sprinkel kaneelsuiker oor.

Bedien warm saam met braaivleis of enige ander ete soos Bobotie of ‘n lekker stew.

Sien ander resepte