dsc_0409
Julle resepte

Springbokfillet met sjerrie-roomsous

750g Springbokfillet, opgedeel in 4 mootjies

30ml olie

15ml botter

60ml salieblare

60ml sjerrie

seesout en swartpeper na smaak

125ml room

125ml flou beesaftreksel

Geur die fillet met die sout en peper en braai dit dan in die olie en botter in ‘n swaarboompan tot mooibruin. Verwyder uit die pan en laat rus eenkant.

Gooi die helfde van die salieblare in die pan en braai vir ‘n paar sekondes. Voeg nou die sjerrie by, laat dit effens afkook en voeg dan die room en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en plaas vleis terug in die pan. Prut vir ‘n verdere 10 minute. Bedien saam met kapokaartappels (gegeur met gesoteerde preie of heelkorrelmosterd) en oondgeroosterde groente ( ek verkies botterskorsie, patat en baba-murgpampoentjies).

Die resep is voldoende vir 2 mense.

Ek het die resep in ‘n Landbouweekblad raakgeloop en aangepas volgens my smaak. Geniet!

Sien ander resepte