foto 5
Kos

Maak jou eie koekiestempel

Verlede week het ek op Pinterest die mooiste koekies gesien wat met ’n koekiestempel versier is. Om dié stempels in die hande te kry is ’n probleem. Jy moet dit aanlyn bestel en met ons wisselkoers kan dit nogal duur word. By nadere ondersoek kom ek toe af op ’n webwerf met goed wat kinders by die huis kan maak. Ek lees iets oor soutdeeg en besluit ek gaan probeer om vir my koekiestempels te maak.

Jy gooi 250 ml sout en 280 g (500 ml) koekmeel in ’n mengbak. Meng met ’n houtlepel en voeg sowat 187 ml (driekwart koppie) koue water by. Meng goed tot deeg vorm. Haal die mengsel uit mengbak en knie tot baie glad en elasties.

foto 1

Een ding wat jy moet weet, is dat jou hande ná al die geknie ’n baie sout smaak gaan hê. Moenie sommer jou vingers aflek nie! Rol die deeg uit tot so 1 cm dik en sny die grootte wat jy wil hê uit met ’n koekie-uitdrukker.

foto 2

Nou begin die pret. Ek het sosatiestokkies, ’n mes en klein hartjie- en ster-uitdrukkers gebruik. Jy moet nou jou eie ontwerp bo-op die soutdeeg-sirkels maak. Die een ding wat jy moet onthou is dat jy jou ontwerp redelik diep in die deeg moet maak. Ek het ronde balletjies ook gemaak en die een kant plat gesny. Dit gaan handvatsels wees. Plaas alles op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

foto 3

Verhit jou oond tot 150 °C. Plaas in oond vir sowat 2 ½ uur tot alles kliphard gebak het. Haal uit en laat afkoel.

foto 4

Plak die balletjies aan die onderkant van elke ontwerp vas met baie sterk gom. Laat droog word.

foto 5Gebruik jou gunsteling-koekieresep en druk die stempels op die deeg.

foto 6

Sny uit met koekie-uitdrukker.

foto 7

Plaas jou koekies in oond en bak

foto 8