FOTO Mickey Hoyle

FOTO Mickey Hoyle

Gebak

Basiese vanielje-broskoekies

Met hierdie resep kan jy 3 variasies maak – sien bladsy langsaan.

sowat 120 klein koekies

• 500 g (545 ml) botter, by kamertemperatuur
• 420 g (500 ml) strooisuiker
• saadjies van 1 vanieljepeul of 15 ml vanieljegeursel
• 560 g (1000 ml) koekmeel

Verhit oond tot 180 °C. Voer 4 bakplate uit met bakpapier. Plaas botter, suiker en vanielje in elektriese menger se mengbak. Verroom vir 5 minute met die mengspaan (K-beater) tot lig en romerig.

Voeg meel by en meng verder by lae spoed tot deeg vorm. Maak deeg toe met kleefplastiek en plaas vir 1 uur in yskas. Verdeel deeg in 4 gelyke dele. Plaas elke stuk tussen twee lae bakpapier en rol uit tot 3 mm dik. Plaas in yskas vir 10 minute.

Druk vorms uit en pak op voorbereide bakplate. Bak 10 – 12 minute. Laat afkoel
op afkoelrak en bêre in lugdigte houer.