Micky Hoyle

Micky Hoyle

Kos

Beesvleisburger met cheddarkaas en gekaramelliseerde uie

genoeg vir 6

Verhit 30 ml olyfolie in ’n pan. Braai 2 baie fyn gekapte uie en 2 fyngekapte knoffelhuisies tot sag en deurskynend. Laat afkoel in mengbak. Kap 5 kraakbeskuitjies baie fyn. Voeg by uiemengsel, asook 500 g beesmaalvleis,

10 ml sout, 5 ml varsgemaalde swartpeper en 1 eier. Meng goed deur. Vorm 6 patties. Verhit 15 ml olyfolie in ’n riffelpan. Braai patties weerskante tot gaar. Halveer 6 broodrolletjies en plaas sowat 2 stukke langblaarslaai (cos) op die onderste helfte van elke rolletjie.

Plaas 2 skywe tamatie bo-op, gevolg deur sowat 15 ml romerige mayonnaise. Plaas ’n gaar patty bo-op plus 1 sny cheddarkaas en ’n skep gekaramelliseerde uie
kry resep hier. Bedek met boonste helfte van rolletjie.