FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Gebak

Biltong-en-kaaspastei

genoeg vir 1 groot pastei

Verhit oond tot 180 °C. Meng 100 g gerasperde wit cheddarkaas en 150 g gesnyde beesbiltong in ’n mengbak. Sny 1 x 400 g-vel blaardeeg in twee groot vierkante. Skep vulsel op een vierkant en smeer rande met 1 geklitste eier. Plaas ander vierkant bo-op en smeer met geklitste eier. Versier bo-op met oortollige deeg en smeer met res van geklitste eier. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute tot goudbruin en bros.