FOTO Herman Lensing

FOTO Herman Lensing

Kos

Burger-jaffel

Daar’s iets nolstalgies aan ’n jaffel. En min mense kan stry dat dit ’n smaaklike lekkerny is. Byna enigiets kan in ’n jaffel omtower word, ook ’n hamburger!

Jy kan jou gunsteling-burgervulsel byvoeg en so jou eie unieke burger-jaffel bou.

Maklike burger-jaffel

genoeg vir 2 jaffels

• 4 groot snye witbrood
• 30 ml sagte botter
• 2 burger-patties (gaar gebraai)
• 4 dun skywe tamaties
• 2 dun skywe rooi-ui
• 60 g sterk cheddarkaas, gerasper

Smeer botter aan die een kant van elke sny. Plaas een sny in ’n jaffelpan met die gesmeerde kant na onder. Plaas ’n burger-pattie, twee tamatieskywe, sout en peper, 1 skyf rooi-ui en 30 g van die kaas bo-op die brood. Plaas die tweede sny brood bo-op met botterkant na buite. Maak pan toe en sny brood wat oorhang netjies af. Braai oor lae hitte vir sowat 2-3 minute per kant of tot goudbruin.

Haal uit pan en herhaal met res van brood en vulsel!

Hier’s nóg maklike jaffelresepte:

Ontbyt-jaffel

Melktert-jaffel

Varklies-sosaties & braaibroodjie-jaffels

Het jy geweet?

Jaffelpanne is landwyd te koop by The Crazy Store, vanaf R99,99.

Lees nou

Spaar só tyd: 5 resepte vir die mikrogolf!

Net 5 minute! Sjokoladekoek in die mikrogolfoond