Bykos

2de plek wenner Marlien Smit se pampoenkoekies

 

PAMPOENKOEKIES

Genoeg vir sowat 40 poffertjies

  • 750 ml gaar botterskorsie, fyngedruk            (rou pampoentjie van so 1 250 g )
  • 3 eiers
  • 5 ml sout
  • 500 ml bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 500 ml olie

Stroop

  • 375 ml suiker
  • 250 ml lemoensap (vars as dit kan)
  • 125 ml water
  • 25 g botter
  • knippie sout
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • 2 ml kaneel
  • 15 ml mielieblom

Klop pampoenmoes, eiers en sout. Sif bruismeel en bakpoeier en meng goed met pampoenmoes. Verhit olie. ( Ek gooi ’n bietjie pampoenmengsel in die lou olie en as dit liggies begin borrel, is die olie gereed. Dit moenie te warm wees nie.) Skep +-15 ml-hopies pampoenmengsel met behulp van twee metaallepels in warm olie en bak tot goudbruin en gaar. Om te toets of dit gaar is, druk ek ’n pennetjie in – as hy skoon uitkom, is dit reg. Skep uit, dreineer op kombuispapier en hou warm. Herhaal tot die mengsel opgebruik is.

Stroop

Verhit suiker, lemoensap, water, botter en sout saam tot kookpunt. Voeg gerasperde lemoenskil en kaneel by. Meng mielieblom met ’n klein bietjie koue water en roer by die stroop. Gooi warm stroop oor warm poffertjies en sit voor.