Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Bykos

Kaasgevulde aartappels

(Genoeg vir 4)
Baktyd: sowat 1 uur 15 minute

  • 4 groot aartappels
  • 12 sprietuie, gekap
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 125 g roomkaas
  • 30 ml (30 g) botter
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml olyfolie
  • 4 snye camembertkaas
  • vars roket
  • kruiespruite

Verhit oond tot 200 °C. Sny ’n kruisie met ’n skerp mes bo-op elke aartappel. Plaas direk op oondrak en oondbraai tot sag. Dit kan tot 1 uur neem, na gelang van hoe groot jou aartappels is. Haal uit en sny ’n sirkel bo-op elke aartappel. Skep van die gaar aartappel uit om ’n bakkie te vorm. Meng die uitgeskepte aartappel, sprietuie, parmesaan en roomkaas saam in bakkie. Voeg botter en basiliekruid by. Geur met sout en peper. Skep mengsel terug in holtes in aartappels. Plaas aartappels in oondbak en sprinkel olyfolie oor. Sit in oond vir nog 10 minute. Haal uit en plaas sny camembert bo-op elke aartappel. Plaas terug in oond vir sowat 3 minute tot kaas gesmelt is. Sit voor saam met vars roket en sprinkel kruiespruite bo-op.